Wynland-brande steeds buite beheer

Die brande in die Breedevallei en Witzenberg, in die Kaapse Wynland-distrik, woed steeds buite beheer. Koeler nagtemperature en windlose toestande het egter bygedra tot beter uitkomste vir albei brande. Jo-Anne Otto van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê die warm, droë weer in kombinasie met maklik ontvlambare materiaal soos verouderde fynbos, uitheemse plantegroei, of ‘n kombinasie van albei is ideaal vir brande. Sy sê daar is twee aktiewe brandlyne.