Pasiënt stig brand in Swakopmund-staatshospitaal

Chaos het Sondagoggend by die Swakopmund-staatshospitaal uitgebreek toe ‘n pasiënt met geestesgesondheids-uitdagings ‘n brand in een van die sale gestig het. Sean Naude van die Namibiese Marshal Rangers was by die hospitaal toe die brand uitgebreek het. Die brand is deur die Swakopmund-brandweer onder beheer gebring en die skade is beperk tot die saal waar die brand ontstaan het. Geen pasiënte is in die voorval beseer nie. Naude het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel wat op die toneel gebeur het.