Aanstelling van nuwe AmaZulu-eerste minister bring hoop

‘n Lektor in Geskiedenisstudies aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Kuthula Thwala, sê die aanstelling van Thulasizwe Buthelezi as die AmaZulu-eerste minister bring nuwe hoop vir die Koninklike Huis. Koning MisuZulu kaZwelithini het die aanstelling aangekondig by die herdenking van die Slag van Isandlwana. Hy neem die leisels oor na die dood van prins Mangosuthu Buthelezi. Thwala sê Buthelezi is die regte persoon om die sake van die Koninklike Huis onder die koning te hanteer.