SA weier toegang aan duisende ‘ongewenstes’

Die buurland se Grensbestuursowerheid sê hy het 15 924 individue voorgekeer wat Suid-Afrika in die 2023/2024-feestyd sonder die vereiste dokumente probeer binnekom het. Tussen die 6de Desember en die 18de Januarie het die agentskap meer as 5 miljoen reisigers by 71 grensposte verwerk. Die agentskap se kommissaris, Mike Masiapato, sê 6 455 reisigers is toegang tot Suid-Afrika geweier omdat hulle ongewens is. Dit sluit diegene in wat misdade in ander lande gepleeg het en op Interpol se rooi lys is: