Kinders verdrink tragies in put

‘n Tragedie het hom die naweek in die Omusati-streek afgespeel toe twee vyf-jarige kinders in ‘n put verdrink het naby Okagongo / Aakwambashu-dorpie in die Ogongo-kiesafdeling. Volgens die polisieverslag het drie vyf-jariges saam met twee tienerseuns bokke opgepas toe die ouer seuns in ‘n mahango-landery gaan werk het. Een van die jong seuns het kom rapporteer dat die ander twee in ‘n put geval het. Die tieners het hulle soontoe gehaas maar was te laat om die seuntjies te red. Die kinders is in die sorg van die ouer seuns gelaat omdat hul familie in ‘n naburige dorpie by die begrafnis van ‘n ander familielid was.