Geregshof-besluit ‘goed vir SA-handelsmerk’

Die handelsmerk en reputasie-kenner Solly Moeng sê die Internasionale Geregshof se uitspraak ten gunste van Suid-Afrika in sy saak teen Israel het ‘n positiewe uitwerking gehad op die land se handelsmerk en reputasie. Moeng beklemtoon die uitspraak het Suid-Afrika se status as die voorspraakmaker vir die Globale Suide verhoog. Hy vra ook lande in die Globale Noorde om die hof se uitspraak te respekteer.