Kandjii-Murangi moet sommige reistoelae terugbetaal

Die teenkorrupsie kommissie se direkteur, Paulus Noa, het hoër onderwys-minister Itah Kandjii-Murangi en haar persoonlike assistent beveel om gesamentlik 69 000 Namibiese dollar in reistoelae terug te betaal. Dit vorm deel van 952 000 dollar in reistoelae wat in 2022 aan hulle betaal is. Volgens ‘n ondersoek-verslag van die kommissie het die minister reis- en verblyf-toelae ontvang van instellings wat onder haar resorteer, soos die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Die kommissie sê daar is geen bewyse dat die minister reistoelae van die ministerie geëis het terwyl haar reise ten volle geborg is nie.