Israel kan nog regstappe in die gesig staar: Israelis Against Apartheid

Die Israelse menseregte-organisasie, Israelis Against Apartheid, waarsku die land kan verdere regstappe in die gesig staar as hy nie sy beleid aanspreek nie. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die uitspraak deur die Internasionale Geregshof gekritiseer en beskryf dit as verregaande en diskriminerend teen die Joodse staat. Die Geregshof het Israel beveel om aanhitsing tot volksmoord te voorkom en te straf, en om die verskaffing van humanitêre hulp aan burgerlikes in Gaza te verseker. Israelis Against Apartheid se verteenwoordiger, Ofer Neiman, sê die Geregshof-uitspraak kan beteken dat ander lande dit moeilik sal vind om Israel verder te ondersteun.