Slegs 70,97% SIM-kaarte reeds geregistreer

Inligtingsminister Peya Mushelenga moedig weer almal aan wat nog nie hul SIM-kaarte geregistreer het nie, om dit voor die finale sperdatum op 31 Maart te doen. Hy benadruk dat daar geen verdere uitstel sal wees nie. Daar was Vrydag slegs 70,97% aktiewe SIM-kaarte geregistreer, wat ‘n skamele 8% meer is as op 27 Desember verlede jaar. Daar is nog meer as 693 000 registrasies uitstaande.