Beskerm Mandela se ID-boekie, vra stigting

Die Nelson Mandela-stigting doen ‘n beroep op erfenis-agentskappe om oud-president Nelson Mandela se identiteitsboekie te beskerm. Dit is een van die ongeveer 100 items wat volgens beplanning opgeveil gaan word. Die waarnemende uitvoerende hoof van die stigting, Verne Harris, sê Mandela het nie beswaar gemaak teen die opveil van sy besittings vir fondsinsameling nie. Die stigting glo egter sy ID-boek het erfeniswaarde en behoort onder Suid-Afrika se erfeniswetgewing beskerm te word.