Aanklag teen Leeus se PJ Botha teruggetrek

Rugby: Die dissiplinêre komitee van die Europese Professionele Klubrugby het ‘n aanklag teen die Leeu-haker PJ Botha teruggetrek, wat beteken hy sal môre beskikbaar wees vir die Verenigde Rugbykampioenskapbeker-wedstryd teen die Bulle. Hy is aangekla nadat hy die Ospreys se agterspeler, Harri Deaves, tydens hul wedstryd verlede Sondag met die elmboog gestamp het. Die komitee sê hy het bevind dat Botha vuil gespeel het, maar het besluit die oortreding regverdig nie ‘n rooi kaart nie, en die klag is daarom teruggetrek.