Pandor reeds by Geregshof voor Sa-Israel uitspraak

Die buurland se internasionale betrekkinge-minister, Naledi Pandor, het tydens ʼn amptelike besoek aan die Internasionale Geregshof met die hof se hoofaanklaer vergader. Die hof lewer vandag uitspraak oor Suid-Afrika se versoek vir noodmaatreëls teen Israel, wat hy van volksmoord in Gaza beskuldig. Die beslissing sal nie die hoofbeskuldiging van volksmoord hanteer nie. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, sê Suid-Afrika glo Israel het die Volksmoordkonvensie oortree.