Opspraakwekkende bewering in Meyiwa-moordsaak
Een van die mans wat aangekla word van die moord in 2014 op die Suid-Afrikaanse sokkerster, Senzo Meyiwa, het ʼn opspraakwekkende bewering in die Hooggeregshof in Pretoria gemaak. Beskuldigde nommer twee, Bongani Ntazi, het verklaar hy is 3 miljoen Suid-Afrikaanse rand aangebied om sekere mense by die saak te betrek. Ntazi beweer die hoofondersoeker, Bongani Gininda, het hom die geld aangebied om ʼn bekentenis-verklaring te onderteken wat ongenoemde mense sou betrek. Gininda ontken die bewerings ten sterkste en sê sy eenheid beskik nie oor sulke geld of so ʼn motief nie.