Blitsbokke spring weg met sege in Perth

Rugby: Die kaptein, Selvyn Davids, het twee drieë vir die Blitsbokke gedruk in hulle eerste Groep A-kragmeting in die wêreldreekstoernooi in Perth, Australië, waarin hulle Kanada 24-7 geklop het. Suid-Afrika het goed herstel om te wen nadat hulle vroeg in die wedstryd ‘n drie afgestaan het. David Brits en Tristan Leyds was plaasvervangers in hul debuut vir die Blitsbokke. Die span speel vanmiddag teen Spanje in die laaste kragmeting van die dag.