SA moet bilaterale betrekkinge hersien: ISS

Die Instituut vir Sekerheidstudies in die buurland sê ongeag wat die Internasionale Geregshof besluit, is ’n hersiening van Suid-Afrika se bilaterale betrekkinge nodig. Die hof sal vanmiddag beslis of hy noodmaatreëls teen Israel gaan toestaan of nie, na aanleiding van Suid-Afrika se beskuldigings dat die Israelse militêre operasie in Gaza ‘n staatsgeleide volksmoord is. Die ISS sê Suid-Afrika benodig nou duidelike, besliste buitelandse beleidstandpunte oor Hamas, Israel, Iran, en die VSA en sy bondgenote, met optrede wat ooreenstem met sy uitsprake.