Watertekorte is menseregteskending: kommissie

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het watertekorte in eThekwini in KwaZulu-Natal as menseregteskendings verklaar. Dit volg ná betogings in Verulam en Phoenix. Inwoners noem verouderde infrastruktuur, onvoldoende begroting en ‘n gebrek aan deursigtigheid van die munisipaliteit as bydraers tot die waterprobleme. Die kommissie sê langtermynbeplanning is noodsaaklik om die probleme op te los. Die munisipaliteit en uMngeni-uThukela Water sal nou twee keer per week met die kommissie vergader tot ‘n ooreenkoms bereik is.