WGO vra weer lande moet pandemie-verdrag teken

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, herhaal ‘n oproep vir lande om die organisasie se pandemie-verdrag te onderteken om die potensiële bedreiging van Siekte X te kan pak. Dit is ‘n onbekende aansteeklike siekte wat ‘n ernstige epidemie of pandemie kan veroorsaak. Die verdrag het ten doel om ‘n globale benadering te bevorder om vermoëns en veerkragtigheid teen toekomstige pandemies te versterk. Ghebreyesus beklemtoon Covid-19 was die eerste siekte X.