SA Reserwebank verwag lae brandstof-inflasie
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag brandstofprys-inflasie sal vanjaar laag wees, met ‘n gemiddeld van onder 1 persent. Daar is egter ‘n effense opwaartse hersiening vir voedselprysinflasie tot 5,7-persent, maar breedweg bly dit onveranderd. Die president, Lesetja Kganyago, sê die Monetêre Beleidkomitee het bykomende maatreëls aanbeveel om ekonomiese omstandighede te versterk. Dit sluit in die bereiking van ‘n verstandige staatskuldvlak, die verhoging van die energievoorraad en die behoud van lae geadministreerde prysinflasie.