TransNamib beplan vir nuwe lokomotiewe, waens

Die waarnemende hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Webster Gonzo, het tydens ‘n mediabespreking wat deur die ministerie van vervoer aangebied is oor die maatskappy se planne vir die jaar gepraat. Volgens Gonzo gaan Transnamib 25 lokomotiewe aanskaf om die trekkrag van Transnamib te verbeter. Meer waens sal ook aangekoop word. Die maatskappy het altesaam 2 miljard Namibiese dollar van die Suider-Afrika Ontwikkelingsbank ontvang, deur die ministerie.