Blitsbokke wil terugslaan in Perth

Rugby: Die Blitsbokke sal hierdie naweek probeer terugslaan in die wêreldreekstoernooi in Perth, Australië, ná ‘n teleurstellende vertoning in Kaapstad, waar hulle in die sesde plek geëindig het. Die Springbok-sewes se manne pak Spanje en Kanada vandag in hulle groepswedstryde, en sal Saterdagoggend die reeksleier, Argentinië, aandurf. Die Blitsbokke se kaptein, Selvyn Davids, sê hulle is goed voorbereid.