Oekraïne ontken hy’s ingelig oor vliegtuig

‘n Senior Russiese wetgewer sê Oekraïense militêre intelligensie is ‘n 15-minute waarskuwing gegee voordat ‘n Russiese militêre vervoervliegtuig met Oekraïense krygsgevangenes ‘n gebied binnegegaan het waar dit neergeskiet is. Die Oekraïne het die bewering ontken en vra vir ‘n internasionale ondersoek. Moskou beskuldig Kiev daarvan dat hy die Ilyushin-vliegtuig in Rusland se Belgorod-streek laat neerstort het, en al 74 mense aan boord doodgemaak het, insluitend 65 gevange Oekraïense soldate wat op pad was om vir Russiese krygsgevangenes verruil te word.