Brave Warriors se sukses maak impak op nasie: Collin Benjamin

Namibië se Brave Warriors, wat geskiedenis gemaak het by die Afrika-beker toernooi in Ivoorkus deur vir die uitklopronde te kwalifiseer, kom Saterdagaand om 7-uur teen Angola te staan. Die Brave Warriors het vroeër hul eerste oorwinning ooit by die Afrika-beker aangeteken toe hulle Tunisë met 1-0 verslaan het. Brave Warriors se afrigter, Collin Benjamin, sê sy span se uitstekende vordering sal ‘n groot impak maak op Namibië as ‘n nasie.