SA handel indiensnemingsbeleid af

Die buurland se Indiensneming minister, Thulas Nxesi, sê interne regeringskonsultasies oor die land se Nasionale Indiensnemingsbeleid is afgehandel. Die beleid se doel is om groei in aanvraag-gedrewe indiensneming te bevorder wat na verwagting ʼn raamwerk sal bied vir indiensnemingskwessies, insluitend die Nasionale Arbeidsmigrasiebeleid. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê die minister sal die Kabinet voor die einde van volgende maand nader om die Nasionale Indiensnemingsbeleid vir openbare kommentaar oop te stel.