Behuisingsonderneming beplan groot bouwerk

Die nasionale behuisingsonderneming beplan om 1 060 huise te ontwikkel met ‘n geprojekteerde opbrengs op belegging van 350 miljoen Namibiese dollar. Vanjaar sal Katima Mulilo altesaam 500 huise ontvang en Nkurenkuru kan ook ontwikkeling verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matali Mutonga, die behuisingsonderneming se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, wat meer inligting gee oor wat vir 2024 geprojekteer word.