Rössing Uraan, NUM sluit drie-jaar loon-ooreenkoms

Rössing Uraan en die Mynwerkersvakbond van Namibië, NUM, het ‘n drie-jaar loon-ooreenkoms onderteken vir werkers in Grade 1 tot 10, en L-band. Volgens plaaslike berigte sal hierdie werkers, wat operateurs, tegnici en ambagsmanne insluit, vanjaar ‘n 7% verhoging kry, gevolg deur 6% in 2025 en weer 6% in 2026. Die partye het ook ingestem tot die hernuwing van prosedurele en verwante ooreenkomste binne die volgende drie maande, volgens Rössing se werknemer-verhoudings adviseur, Lana Meletzky.