Brandstof-smokkelary hou nie op nie

‘n 44-jarige vrou is in die Omusati-streek in hegtenis geneem nadat sy na bewering in besit gevind is van meer as 1 000 liter brandstof wat vermoedelik vanuit Angola na Namibië gesmokkel is. NamPol se Omusati-misdaadondersoek koördineerder, Moses Simaho, sê die verdagte is by die Onandjaba-dorpie in die Okalongo-kiesafdeling gevang. Sy het volgens Simaho ‘n groot aantal 25-liter houers vol brandstof gehad en was besig om brandstof te verkoop. NamPol het op 69 houers en 420 Namibiese dollar in kontant beslag gelê. Die totale waarde van die gekonfiskeerde items moet nog bepaal word.