Verdagtes in Bank Windhoek-bedrog weer in hof

Die ses mans wat in Rundu in hegtenis geneem is in verband met bedrog wat by Bank Windhoek se Opuwo-tak gepleeg is, sal na verwagting vandag in die Opuwo-landdroshof verskyn. Die verdagtes het reeds vlugtig in die Rundu-landdroshof verskyn waar borgtog geweier is. Hulle is na Opuwo oorgeplaas, waar die aanvanklike bedrogsaak geregistreer is.