UFC-kampioen Dricus du Plessis kom in SA aan

Gemengde gevegskuns: Die nuutgekroonde UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis, kom vanoggend in Suid-Afrika aan. Hy sal half-agt op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng land. Du Plessis het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaner te word wat die kampioenskap gewen het toe hy die verdedigende kampioen, Sean Strickland van Amerika, in Toronto, Kanada, geklop het. Dit was sy sesde agtereenvolgende sege.