Minister betreur aantal jong mense wat in motorongelukke sterf

Die buurland se vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, betreur ‘n kommerwekkende aantal relatief jong mense tussen 25 en 44 wat tydens die feesseisoen in motorongelukke gesterf het. Sy het die feestyd-syfers vir 2023/24 op ‘n nuuskonferensie in Gauteng bekend gemaak. Sterfgevalle het met 25 afgeneem van 1 452 die vorige jaar tot 1 427. Chikunga skryf die afname toe aan streng wetstoepassing sowel as opvoedings- en bewusmakingsveldtogte.