Uitspraak verwag in SA se saak teen Israel

Die Suid-Afrikaanse regering verwag môre die Internasionale Geregshof se uitspraak in sy saak teen Israel. Suid-Afrika se regspan het vroeër die maand aangevoer Israel se behandeling van Palestyne in Gaza kom neer op volksmoord, terwyl Israel ontken het sy oorlog teen Hamas oortree die Verenigde Nasies se Volksmoordkonvensie van 1948. ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging het in Den Haag in Nederland aangekom vir die verwagte uitspraak oor voorlopige maatreëls, insluitend om Israel te beveel om sy militêre operasies in Gaza te staak.