Beskerm mense in Gaza-hospitale: Amerika aan Israel

Amerika het ʼn beroep op Israel gedoen om onskuldige mense in hospitale in Gaza, mediese personeel en pasiënte, te beskerm. Dit volg nadat Israeliese magte ʼn hospitaal bestorm en nog een beleër het toe hulle gevorder het tot diep binne die westelike deel van Khan Younis. Volgens Israel is vegters van Hamas aktief naby hospitale, iets wat Hamas en mediese personeel ontken. Inwoners sê die bombardement uit die lug en van die land en die see was die mees intense in die suide van Gaza sedert die oorlog in Oktober begin het.