Nog twee lede van Aussie toetsgroep kry Covid-19

Krieket: Nog twee lede van die Australiese toetsgroep het voor die tweede toets teen die Windies Covid-19 opgedoen. Die veelsydige Cameron Green en die afrigter, Andrew McDonald, is gediagnoseer nadat die kolwer, Travis Head, vroeër siek geword het. Krieket Australië het bevestig Green en McDonald word afgesonder van die groep totdat hulle negatief toets vir die virus, terwyl Head reeds negatief getoets het en weer by sy spanmaats aangesluit het. Die tweede en laaste toets begin môre in Brisbane nadat Australië die eerste kragmeting in Adelaide met tien paaltjies beklink het.