Vervalste kwalifikasies neem toe

Die agtergrond-akkreditasiemaatskappy in Suid-Afrika, Mettus, berig daar is ʼn merkbare styging van werksoekers wat vals kwalifikasies voorlê. Dit volg ná die bedanking van die ekonoom, Thabi Leoka, uit die direksies van MTN, Anglo American Platinum en Remgro, en haar daaropvolgende verwydering uit die Presidensiële Ekonomiese Adviesraad, te midde van vrae oor die egtheid van haar akademiese kwalifikasies. Die bemarkingshoof van Mettus, Jennifer Barkhuizen, het die groeiende uitdaging uitgelig, van kwalifikasiebedrog in die arbeidsmark, en die behoefte beklemtoon aan deeglike verifiëringprosesse: