SA20: Super Giants kry bonuspunt

Durban’s Super Giants het ʼn bonuspunt-oorwinning behaal toe hulle MI Cape Town met 36 lopies verslaan het in hulle SA20-wedstryd op Nuweland in Kaapstad. Matthew Breetzke het 48 aangeteken as deel van die besoekers se 157 vir ses op die telbord. Die tuisspan is daarna tot 121 vir nege beperk met Noor Ahmad en Marcus Stoinis wat elkeen drie paaltjies platgetrek het. Danksy hierdie oorwinning is die Super Giants nou tweede op die punteleer, maar afrigter Lance Klusener sê hulle kolfwerk moet steeds verbeter: