Uitgeteerde mishandelde perde maak wyd nuus

Laat Sondagmiddag het die Namibiese Dierewelsynsvereniging berigte ontvang oor perde in die uithoeke van die Uihros-erwe wat hongersnood in die gesig staar. Foto’s wat op Facebook geplaas is, wys twee uitgeteerde perde. Een van hulle, ‘n vosbruin-perd, is tans te swak om te staan of verwyder te word. Die span het dadelik aan die werk gespring en kos, water en medikasie verskaf. Oorspronklik bekend as Satan, word die perd nou Satin genoem, wat blykbaar meer gepas vir die dier se temperament Satin toon reeds ‘n mate van verbetering en probeer opstaan maar kry dit nog nie reg nie. Die vereniging spreek hul dankbaarheid uit vir elke plasing hieroor wat gedeel is en elke skenking van fondse, gras of kos. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierewelsynsvereniging se voorsitter, Heather Creamer, gesels, wat vertel wat nou gaan gebeur.