Doen nou aansoek om studiehulp, vra Nsfaf

Die Namibiese Studente hulfonds gaan op 29 Februarie hulle aansoeke sluit vir leerlinge wat wil baat vind deur die fonds. Die inligting om aansoek te doen met al die nodige dokumente wat verwag word is op hulle webtuiste beskikbaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Nsfaf, Percy Tjahere gepraat, wat toekomstige studente aanmoedig om hulle aansoeke in te handig.

Tjahere het ook aan Kosmos vertel 95 persent van die toekomstige leerlinge se ouers verdien net 50 000 Namibiese dollars per jaar.