Ru-voer se prys gaan styg, sê Voermeester

Die invoer van ru-voer van Suid-Afrika is vir eers gestaak weens bek-en-klouseer wat in die buurland uitgebreek het. Die voer wat geraak word sluit in lusern, hooi en kuilvoer. Die produkte wat nou ingevoer word na Namibië moet aan strenger vereistes voldoen voor dit die land kan binnekom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die kommersiële bestuurder van Voermeester, wat meer verduidelik.  

Die invoer van die voer gaan wel die kostes in die mark opstoot en boere kan ‘n prysverhoging verwag.