Bankroof is toe nie bankroof, maar misverstand

Berigte van ‘n bankroof by ‘n bank in ‘n inkopiesentrum in die hoofstad is nie korrek is nie, en was ‘n misverstand. Volgens wat Kosmos 94.1 Nuus verneem het was ‘n gewapende man in die ry by die bank om geld te trek. Hy het sy wapen saamgeneem om hom te beskerm teen diewe. Terwyl hy in die ry gestaan het, het een van die werknemers in die bank die wapen gesien en die paniekknoppie gedruk. Die man het egter ‘n afskrif van sy identiteitsdokumente en geweerlisensie gehad. Die polisie sê ‘n saak is nog nie op hierdie stadium deur die bank oopgemaak nie.