Keetmans-ombud kry talle onderwysklagtes

Die Keetmanshoop-streekkantoor van die Ombudsman is oorval met klagtes van leerders wat verband hou met hul skorsing of verbanning uit klaskamers, lyfstraf en geforseerde hare-sny. Kosmos 94.1 Nuus het met die streekkantoorhoof, Sylvester Sibungo, gepraat wat sê aandag moet aan hierdie klagtes deur die skoolhoof gegee word, in die aanwesigheid van die ouers.