Tekort aan wiskundevak kan ontwikkeling van KI raak

Die groeiende voorkeur vir Wiskundige Geletterdheid bo gewone Wiskunde in Suid-Afrika kan ‘n uitdaging wees vir ‘n toekomstige ekonomie aangevuur deur kunsmatige intelligensie. Wiskundige Geletterdheid het tussen 2022 en ’24 ‘n toename van 108 642 leerders getoon, terwyl gewone Wiskunde net met 36 419 gevalle gegroei het. Die onderwyskenner Ari Katz sê dié neiging wek kommer oor moontlike beperkings vir sommige leerders in ‘n wêreld wat toenemend beïnvloed word deur kunsmatige intelligensie.