Hou by veiligheidsprotokolle, vra NamPol
Inspekteur Kisco Sitali, woordvoerder van die Namibiese polisiemag in die Zambezi-streek, spreek sy kommer uit oor die verontagsaming van veiligheidsprotokolle. Dit kom ná die ontploffing van ’n granaat Vrydag in Mpacha wat twee lewens geëis het. Sitali sê hulle plofstofeenheid het mense opgevoed oor hierdie granate, en dat hulle dodelik is. Hulle merk egter op dat mense die voorwerpe bymekaarmaak en by skrootwerwe verkoop. Hy rig ‘n waarskuwing aan inwoners en versoek hulle om verdagte voorwerpe te vermy. Hy voeg by dat grondeienaars wat bekommerd is oor landmyne ‘n formele versoek aan NamPol kan rig om hul grond skoon te maak om ‘n veiliger omgewing te verseker.