NIP koop ‘willekeurig’ motors aan

Die Tender Bulletin berig dat die verkryging van vyf luukse voertuie ter waarde van 5,3 miljoen Namibiese dollar vir die Namibiese Instituut vir Patologie alle reëls verontagsaam het. Die prosesse wat gevolg is het ook die instituut se eie verkrygingsbeleid oortree. Die voertuie word as voordeel geag en kan dus ook vir privaat gebruik benut word. Volgens die publikasie het die instituut se raad die aankope as voordeel vir die vyf top-bestuur goedgekeur maar, net die finansministerie kan die voordele van uitvoerende hoofde by staatsondernemings bepaal. Daar is ook geen rekord van enige tender wat uitgesit is vir die verkryging nie. Daar word ook beaam dat daar geen rede is om voertuie van 5 miljoen dollar aan te skaf vir senior werknemers wat reeds reuse salarisse verdien nie.