47 in China dood na grondstorting
Soek- en reddingspogings is aan die gang nadat sowat 47 mense vermoedelik begrawe is tydens ʼn grondstorting in China se suidwestelike Yunnan-provinsie. Meer as 500 mense in die streek moes hul huise verlaat maar daar is geen onmiddellike berigte van sterftes of beserings nie. Grondstortings wat dikwels veroorsaak word deur reën of onveilige bouwerk, is nie ongewoon in China nie. Minstens 70 mense is verlede jaar in grondstortings dood. Dit sluit meer as 50 in by ʼn oopgroefmyn in Binne-Mongolië.