Kommunistiese jeug bekommerd oor gehalte van SA-onderwys

Die Jong Kommuniste-liga van Suid-Afrika is steeds diep bekommerd oor die stelseluitdagings wat die gehalte van onderwys in Suid-Afrika en die algehele welstand van leerders raak. Die ontoereikendheid van infrastruktuur wat tot oorvol klasse lei, die digitale gaping en die tekort aan gekwalifiseerde onderwysers is sommige van die kwessies wat dringend aandag nodig het. ‘n Woordvoerder van die liga, Ramatolo Tlotleng, sê in ag genome die onlangse uitdagings van beurtkrag, doen ‘n hulle ‘n beroep op die Departement van Onderwys om ‘n omvattende gebeurlikheidsplan op te stel: