Seksuele geweld: Leer jou kinders van reg, verkeerd en seks
‘n Geval van ‘n 46-jarige man van Lüderitz wat na bewering sy 12-jarige niggie oor ‘n tydperk van twee jaar herhaaldelik verkrag het en in hegtenis geneem is, is in die nuus. Die jongste voorval het na bewering Donderdag in die kusdorp plaasgevind. Hy is die voog van die slagoffer en hulle woon in dieselfde huis. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat in die Kantoor van die Ombudsman, wat ‘n beroep op ouers doen om hul kinders te leer oor seks en wat verkeerd is, want verkragting van minderjariges word dikwels deur iemand gedoen wat die kind goed ken en vertrou.