Ru-olie: Aanbod sal vraag in ’24 oorskry

Globale vraag na olie het in die vierde kwartaal van verlede jaar tot 1,7 miljoen vate per dag verlangsaam, minder as die 3,2 miljoen vate per dag wat in die tweede en derde kwartale waargeneem is maar, die Internasionale Energieagentskap sê vraag sal vanjaar verder afswaai. Die agentskap voorspel ‘n verdere daling tot 1,2 miljoen vate daagliks vir 2024 en dit word toegeskryf aan makro-ekonomiese uitdagings, strenger doeltreffendheidstandaarde en die toenemende teenwoordigheid van elektriese voertuie. Vraag het ook buite China, die wêreld se top-olie-invoerder, gedaal. Intussen sal olievoorrade, of die aanbod, met 1,5 miljoen vate daagliks groei, aangevuur deur rekord-uitsette deur die VSA, Brasilië, Guyana en Kanada. Daar word verwag dat nie-Opul produksie groei sal aandryf.