Good looi Kaapstad se bestuur oor rommel
Die Good-party in die Wes-Kaap sê berge vullis is aan die ophoop rondom Kaapstad se informele nedersettings terwyl die stad sy voete sleep om op te tree. Die party het onlangs in ‘n skriftelike versoek aan die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, geëis dat die burgemeesterskomiteelid Grant Twigg onmiddellik geskors word vir sy rol in die ineenstorting van vullisverwyderingsdienste. Lulama Benge van Good sê behalwe dat niemand aanspreeklik gehou word nie, is die stad ook duidelik nie in enige haas om die smerige gevolge van die mislukking te pak nie.