Warriors se wedstryd deur CoW uitgesaai, paaie gesluit
Namibië se Brave Warriors speel vanaand om 10-uur hul tweede wedstryd in die Afrikabeker-toernooi teen Suid-Afrika se Bafana Bafana, en Namibiërs is begeesterd nadat die Warriors Tunisië se sterk span in hul eerste wedstryd geklop het. Die Stad Windhoek sal vanaand die wedstryd regstreeks vertoon in die munisipaliteit se parkeerarea. Onafhanklikheidslaan sal dus van nou tussen Sam Nujomarylaan en Gartenstraat gesluit wees. Cillie Kapolo, die Stad se korporatiewe kommunikasiebeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die padsluitings.