Oom Peter Dickman se lewe vandag gevier

Die roudiens van die geliefde pastoor van die Bikers Church Namibia Peter Dickman, wat op 14 Januarie dood is aan ‘n hartaanval, is vanoggend op Swakopmund gehou. Daar was vroeër verkeerswaarskuwings oor die getalle motorfietsryers op pad na die kus, om Dickman se roudiens by te woon. Hy was uiters gewild. Paul Herbst het roubeklaers toegespreek oor Oom Peter se laaste diens.