DA boos oor Bibi se verwerping van tweestaat-oplossing

Die DA het die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, se teenkanting teen die vestiging van ‘n Palestynse staat as deel van ‘n na-oorlogse oplossing, verwerp. Netanyahu het Donderdag in ‘n regstreekse toespraak aangevoer Israel moet veiligheidsbeheer oor alle gebiede wes van die Jordaanrivier behou en erken dit bots met die idee van soewereiniteit. Emma Louise Powell van die DA sê die party het deurgaans in die tragiese oorlog gehou by sy verbintenis tot ‘n twee-staat-oplossing wat sal uitloop op ‘n soewereinde en onbesette Palestina, wat in vrede met ‘n veilige Israel langsaan bestaan.